Annemarié van Niekerk

André P. Brink (1935-2015)

Engagement en Skrywerskap

Hierdie artikel neem die in Februarie oorlede Suid-Afrikaanse skrywer André P. Brink se nalatenskap as geëngageerde skrywer in beskouïng. Dit word gedoen in die lig van Maarten Asscher se onlangse Kellendonk-lesing, ‘Engagement, taal en verbeelding’, gelewer skaars 3 weke na Brink se dood. Hierdie artikel gaan, na aanleiding van Brink, in gesprek met Asscher se uiteensetting van die verskillende verskyningsvorme van literêre engagement.

verschenen: Mei 2015, blz. 431

jaargang: 82/05